ONS AANBIDDING SPAN LEIER

Dawie van Staden                                                        Visie 

Die opdrag van die Aanbiddingsbediening is om die kinders van die Here te lei in aanbidding tot in die Troonkamer van die hemel tydens dienste.

                                                                                          Tye   

Die span berei voor Donderdagaande van 19H00 tot 20H00

Ons Bediening bestaan uit meer as sangers en musikante. Ons is ook verantwoordelik om die visueel op te neem wat in DVD vorm beskikbaar is. As kamerawerk jou passie is, is jy baie welkom om deel te word van die span.

Die klank in die kerk is ‘n baie belangrike deel van die bediening. Ons is geseend met die beste klanktoerusting omdat God vir ons net goed is. Ons benodig nog mense om op te lei om die klankbord te hanteer.

Die Media afdeling is verantwoordelik om die liedere op die groot skerms te vertoon asook video grepe. As jy rekenaarvaardig is nooi ons jou om deel van die span te word. Ons het baie bekwame mense wat met groot graagte opleiding sal gee.

Groete

Vir enige navrae kontak my gerus: 083 391 9171